Frank Kilbourn, uitvoerende voorsitter van Strauss & Co, deel sy liefde vir en uitgebreide kennis van kuns in ’n rondleiding van die werke wat gekies is vir die voorskou van die opkomende Strauss & Co-vlagskipveilings, Seeing Ourselves: South African Portraits Past and Present wat fokus op portretkuns as genre. Van die werk is vir die eerste keer in die openbaar te sien.