Die internasionaal gevierde ontwerper Lezanne Viviers keer terug na die Toyota Stellenbosch Woordfees met haar jongste modeversameling wat deur kuns geïnspireer is. Sy ondersoek die kreatiewe moontlikhede van wol as materiaal. Verwag kontemporêre couture wat mode en kuns op eiesoortige wyse byeenbring.