DIE AANLYNVEILING OPEN 6 OKTOBER EN EINDIG 21 OKTOBER 2025 OM 14:00
Die 5de Toyota Stellenbosch Woordfees-aanlynveiling word aangebied in samewerking met Strauss & Co en is byeengebring deur bekroonde kurators Heinrich Groenewald en Shona van der Merwe van Reservoir. Die aanlynveiling is saamgestel uit werke deur opkomende en gevestigde kunstenaars. Deelnemendekunstenaars en hul werk word aan die algemene publiek bekendgestel en sowel die kunstenaars en die Woordfees baat deur die inisiatief. Die veiling is ontwerp om deelname van nuwe versamelaars aan te moedig, wat help om beide die mark en toegang tot plaaslike kunstenaars se werk uit te brei.
Bie aanlyn by: https://www.straussart.co.za/auctions/details/414-21-oct-2025