Met Annelize KotzevanA Look and Feel Styling @alookandfeel
Handige raad vir almal wat wil goed voel in hul klere.
Het jy al ooit voor ’n vol klerekas gestaan en gevoel jy het niks om aan te trek nie? Sluit dan by Annelize Kotze aan vir ’n praktiese en inspirerende stylwerksessie vir vroue wat vasgevang voel in ’n groef en nie meer seker is hoe om hulle klerekas vir hulle te laat werk nie. Die fokus is op eenvoudige, alledaagse styltruuks wat jou meer selfversekerd laat voel. Verwag praktiese raad en wenke, maar ook stylinspirasie wat jy dadelik kan begin toepas.