Die radioaanbieder en selfverklaarde romance girly Sibongile Mafu gesels
met vier skrywers wat lesers alles van stroopsoet tot ekstra warm laat
voel. Lindsay Norman (Khaki Fever), Jo Watson (The Ex Effect), Shameez
Patel (Playing Flirty) en Ntombifuthi Nkabinde (In the Late of Night) delf
in die liefdeslewe van hul prettige en vreeslose heldinne en verklap meer
oor hul flankerings en sekskapades. Hulle bespreek die glansryke én minder
glansryke aspekte van hulle lewe wat aan liefdesverhale gewy word, asook die
liefde wat hulle in elke bladsy instort.