Taalgenoot-Ruk en Rym is die toonaangewende kompetisie vir alternatiewe kunstenaars en groepe wat musiek met Afrikaanse lirieke maak. Verwag tydens die finaal van Ruk en Rym – voorafgegaan deur twee semifinale rondes in Gauteng en die Wes-Kaap – ’n battle-of-the-bands-styl-kompetisie waartydens jy van die varsste en mees progressiewe musiek in Afrikaans sal hoor. Gaskunstenaars Van Pletzen lewer ’n volle vertoning net voor die wenners aangekondig word.
Besoek [www.rukenrym.co.za](http://www.rukenrym.co.za/) vir meer inligting oor die kompetisie. Jaco van der MerweenAngie Gallagheris die aanbieders.
In samewerking met die ATKV, Taalgenoot, WÊRELD, Spotify, kykNET, Locally Yellow