Take Four Piano Quartet

Klassieke musiek
80 Minute
14 Oktober
12:00
R170-R230 | R200-R260 by die deur

Hierdie vier musici, wat al baie jare vriende is, word beskou as vier van Suid-Afrika se bekwaamste klassieke musici op onderskeidelik die klavier, viool, altviool en tjello, en saam vorm hulle die formele klavierkwartet Take Four. Die gehoor kan uitsien na hul uitvoering van W.A. Mozart se Klavierkwartet in E-mol-majeur (K 493) en die Franse komponis Gabriel Fauré se Klavierkwartet no. 1 in C-mineur, Op. 15.

Met Elna van der Merwe (klavier), Zanta Hofmeyr (viool), Jeanne-Louise Moolman (altviool), Susan Mouton (tjello)