Teatergesprekke: Atropa

Diskoers
Afrikaans
60 Minute
9 Oktober
13:30

In dié gratis gesprekke gesels die Toyota Stellenbosch Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha met teatermakers en kunstenaars wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees.

Atropa verken ’n wêreld verskeur deur oorlog, ongelykheid en die nalatenskap van kolonialisme. Tom Lanoye se herbesinning van die Trojaanse oorlog is ’n radikale aanklag teen die hedendaagse magsug, patriargie en die politiek van geweld. Die regisseur, Marthinus Basson, en die geselskap deel hul insigte.