In dié gratis gesprekke gesels die Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha met teatermakers en kunstenaars wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees.
‘Boklied’
Breyten Breytenbach se Boklied is in 1998 die eerste keer opgevoer onder regie van Marthinus Basson. Dié veelgeprese stuk was destyds uiters omstrede. Basson pak weer dié magistrale werk aan, maar met ’n nuwe geslag spelers en De Klerk Oelofse in die hoofrol. ’n Waardige huldiging vir Breytenbach wat einde 2024 oorlede is, maar ook ’n komplekse stuk wat toeligting vra. Basson en die geselskap deel hulle insigte.