In dié gratis gesprekke gesels die Toyota Stellenbosch Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha met teatermakers en kunstenaars wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees.
Rachelle Greeff se Grootmeisie is vanjaar se wenner van die Reinet Nagtegaal-teksprys, die grootste teaterteksprys in Suid-Afrika. Sy het die prys vantevore gewen vir Die naaimasjien. Greeff, die regisseur, Lee-Ann van Rooi, en die geselskap vertel meer oor die wenteks, verwerping, vervreemding en vergifnis.