In dié gratis gesprekke gesels die Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha met teatermakers en kunstenaars wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees.
‘Kinderlê’
Lynthia Julius se tweede digbundel, Kinderlê, is hoog aangeskryf. In haar eerste volwaardige toneelstuk verken sy die gebeure van 1867 toe 32 Nama-kinders, hulle oppassers en honde deur ’n groep Boesmans vermoor is. Julius, die regisseur, Lee-Ann van Rooi, en die geselskap werp meer lig op dié onstellende insident en hoe geskiedskrywers dit hanteer het.