In dié gratis gesprekke gesels die Toyota Stellenbosch Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha met teatermakers en kunstenaars wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees.
Skanse is ‘n nuwe toneelstuk uit die pen van Deon Opperman, en gaan oor twee broers wat herenig word, en die ou wonder wat oopgeskeur word tydens die reünie. Simons se huis agter hoë mure is vol kameras en alarms – maar niks kan die onsekerheid buite hou nie. Opperman en diegeselskap praat oor hoe om te lewe sonder om aan dinge vas te klou.