In dié gratis gesprekke gesels die Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha met teatermakers en kunstenaars wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees.
Twee operas: ‘Die towerfluit’ en ‘The Barber of Seville’
Ná ’n lang afwesigheid spog vanjaar se Woordfeesprogram met twee operas. Magdalene Minnaar, artistieke direkteur van Kaapstad Opera, en van die kunstenaars en rolspelers wat by dié twee produksies betrokke is, gesels oor die uitdagings en vreugdes van hierdie besonderse genre.