The Daisy Jones Bar: Jan Blohm Live

Toyota Musiekfees
90 Minute
3 Oktober
20:00
R295 | R325 by die deur

Na drie jaar is Jan Blohm uiteindelik weer terug by Daisy Jones, en hierdie keer bring hy die hele band saam vir ’n volbloed rock show as deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees-program. Blohm is een van daai kunstenaars wat jy nie sommer met iemand anders kan verwar nie. Vir meer as twee dekades meng hy blues, rock, poësie en rou emosie in songs wat jou soms hard tref en soms net lekker saam met jou sit.