The Fool’s Guide … to living and dying …

Spier Toneel
English
60 Minute
3 Oktober
17:00
4 Oktober
09:30
6 Oktober
16:00
R180-R240 | R210-R270 by die deur

Met Andrew Buckland

Hierdie stuk is ’n skreeusnaakse en hoogs fisieke reis deur die wêreld van hedendaagse tegnologie, uitgebeeld met die virtuose vernuf van ’n akteur wat op die kruin van sy vermoëns is. Dié eenman-kragtoer vra ernstige vrae oor die menslike toestand, veral in verhouding tot die sosiale media en kunsmatige intelligensie, en bied unieke en prikkelende antwoorde deur uitbundige komedie en aangrypende storievertelling.

Vervaardiger Mouthpeace
Regisseur Janet Buckland
Skrywers Andrew Buckland, Janet Buckland

Moontlik gemaak deur die KKNK