The Interpreters

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans, Engels
60 Minute
14 Oktober
16:00
R50 | R80 by die deur

Kreatiewe niefiksie, ook bekend as new journalism, werp ’n unieke blik op
’n land, geskiedenis en mense, alles deur die filter van die skrywer wat aan die
woord is. The Interpreters bring die beste kreatiewe niefiksie uit Suid-Afrika byeen.
Skryfwerk deur J.M. Coetzee, Antjie Krog, Njabulo S. Ndebele en ander is opgeneem,
asook grafiese niefiksie deur kunstenaars soos Anton Kannemeyer en Mogorosi
Motshumi. Die medesamestellers, Hedley Twidle en Sean Christie, gesels met van
die bydraers tot dié boek oor die skep van niefiksie met ’n sterk stem.

Aangebied deur Soutie Press