2009
Met Kaatji Davids & The Continentals, Hadji Bucks & The Starlites, Mac McKenzie
Lank gelede in ’n stad aan die punt van Afrika is twee mans besiel deur ’n droom wat net vir een van hulle kon waar word. Die huisverwer Kaatji Davids het skaars ’n sent op sy naam gehad, maar wel ’n ou banjo, ’n paar lojale vriende én die vermetelheid om te dink hy kan Hadji Bucks, die onbetwiste kampioen van Kaaps-Maleise musiek, onttroon.
Vervaardiger Joelle Chesselet
Regisseur, kinematograaf en redigeerder Lloyd Ross
Skrywer Rian Malan
Verteller Mac McKenzie
86 min