Met dansers van dieStellenbosch-balletvereniging
Die Stellenbosch-balletvereniging bied ’n klassieke produksie van The Sleeping Beauty aan met ’n geselskap van professionele en ontluikende dansers van skole reg oor die dorp. Dit is ’n storie van hoop, veerkragtigheid, die krag van die liefde maar ook kontraste: lig en donker, onskuld en gevaar. Kom ervaar die vreugde van dans in hierdie tydlose produksie.
Vervaardigers Ethne Daniels, Chante Daniels
Choreografie Ethne Daniels, Chante Daniels na Marius Petipa
Komposisie Tsjaikofski
Ontwerp Backdrop South Africa
Ondersteun deur The Glen Stud Farm,Swellendam