Met Nkosenathi Koelaen ander
The Stranger is ’n poëtiese rituele drama oor liefde en die verlies aan liefde, die onderlinge verbondenheid van alle lewensvorme en die transformerende krag van die kunste. Orpheus, ’n vreemdeling, kom op Stellenbosch aan en speel musiek wat so betowerend is dat dit vrede bring vir almal wat dit hoor. Die vrou wat op hom verlief raak, word egter op hul troudag vermoor en Orpheus moet na die Onderwêreld reis om haar terug te bring. Dié meditasie, wat op ’n antieke Griekse mite gegrond is, bly by ’n mens spook lank nadat jy die teater verlaat het.
Regisseur, skrywer en ontwerp Brett Bailey
Musiek Nkosenathi Koela
Verhoogbestuur Yusuf Abrahams
Vervaardiger Barbara Mathersvir Third World Bunfight
Ondersteun deur die Nasionale Loterykommissie, Spier