Aangebied deur Protea Boekhuis
“Twee van die grootste lesse wat ek al in my lewe geleer het is om jou naaste lief te hê soos jouself, en om nie te eet terwyl jy nies nie.” Dié brokkie wysheid is maar één van die skatte wat Chris Vorster uit drie jaar se onderhoude met Tobie Cronjé opgediep en tot ’n vermaaklike en insiggewende biografie verwerk het. Susanne Beyers gesels met die biograaf én die onderwerp, op dieselfde geselstrant as in dié wonderlike boek.