Tollie Parton: Hoofseun

Spier Toneel
Afrikaans
Geen o.18 (T, V)
70 Minute
18 Oktober
20:00
R230-R340 | R260-R370 by die deur

Hoofseun is ’n hoogs aansteeklike, komiese, semi-aanstootlike kykie na wat dit werklik beteken om as ’n drag queen deur ’n klein Afrikaanse dorpie se verwagtinge in die gesig gestaar te word. Wynand Kotze, voormalige hoofseun van die Hoërskool Vanrhynsdorp, is nou ’n fopdosser met die naam Tollie Parton. Hoe gebeur so iets? En die grootste vraag: Hoekom bly mense dink sy is Casper de Vries met (groter) pramme? Hoofseun is propvol persoonlike stories oor haar dae as hoofseun, haar familie, en haar ervarings binne die Afrikanergemeenskap. Van hoofseun tot hoofmeisie… hier kom vet pret! Skuus. ’n Mens mag nie meer vet sê nie. Die pret het ’n growwe beenstruktuur.

Met Wynand Kotze

Medeskrywer Anne Hirsch

Musiek Loki Rothman