Tollie Parton: Tottie en nie verder nie

Spier Toneel
Afrikaans
o/18
80 Minute
10 Oktober
20:00
R180-R320 | R210-R350 by die deur

STANDUP

Met Wynand Kotze

Tollie Parton was nog altyd die té eerlike vriendin wat mense dikwels kwaad maak. Sy vertel al vir jare hoe sy vir niks en niemand bang is nie, maar is dit regtig die waarheid? Is sy nes die dapper muis van ouds bereid om te sê dat sy ook vir niks skrik nie? Wel, tottie en nie verder nie! In Tollie se nuutste vertoning kan sy ongelukkig nie help om die waarheid te laat uitglip nie, want selfs ’n vreeslose fopdosser is soms weerloos teen die natuur. Die liefde het haar kom sag maak, maar hoe lank gaan dit hou? En wie is die man wat haar hart gesteel het? Baie mense dink dis Steve. Is dit te goed om waar te wees? Is Tollie werklik net hier om goeie nuus te bring? Daar is immers niks wat die liefde en ’n skaaptjop nie kan fix nie. Sensitiewe kykers en o.18’s moet verbyhou!

Vervaardiger, regisseur en ontwerp Wynand Kotze
Skrywers Anne Hirsch, Wynand Kotze
Musiek Loki Rothman
Verhoogbestuur Karl Hildebrandt