Aangebied deur Queillerie
Dis nie net rocksterre wat ‘n konsert in ‘n jol kan omskep nie. Ons feesdigter, Tom Dreyer, hark ‘n hand vol vriende nader vir ‘n aand van digkuns en deuntjies. The Buckfever Underground sorg vir die perkussie, en ‘n kavalkade van ons beste digters staan reg om saam met Dreyer hul ding te doen: Danie Marais,Alfred Schaffer,Bibi Slippers, Alwyn Roux,Jennifer Pape, Charl-Pierre Naudé, Churchill Naudé, Lynthia JuliusenToast Coetzer. Vriende, verhoog en verse oor die mikrofoon. Dís die magiese krag van die woord.