Die Langtafel word weer onder die eikebome tussen die pragtige ou geboue van Ryneveldstraat gedek met feestelike kos en gaste wat ’n glasie klink. Vanjaar bring die bekroonde kosskrywer, geliefde sjef en TV-persoonlikheid Herman Lensing sy unieke flair en warmte na die tafel met ’n maaltyd wat smaak en stories deel. Gaste ontvang by hul aankoms ’n komplimentêre glas wyn.