Toyota Stellenbosch Woordfees-langtafel

Leefstyl
240 Minute
2 Oktober
18:30
R1300-R1650

Die Langtafel word weer onder die eike, tussen die pragtige ou geboue van Ryneveldstraat, gedek met feestelike kos, musiek en samesyn. Vanjaar is die sjef Mynhardt Joubertse spyskaart geïnspireer deur die feestema: Dis hoog tyd dat ons weer saam aan tafel mekaar in die oë kyk en die glase hoog lig op hierdie mooi lewe. Gaste ontvang ’n komplimentêre glas wyn of vonkelwyn by aankoms. Bespreek vroegtydig jou plek aan dié geliefde tafel.

Ondersteun deur Stellenbosch-Wynroetes, Deli-Co, FairviewenRijk Zwaan