Trek Lager!

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute
17 Oktober
18:00
R80 | R110 by die deur (1 bier ingesluit)

Die algemenekenniskoning en sake- joernalis Theunis Strydom se nuwe boek
gaan oor die vergete bierbrouer Charles Glass. Kom leer meer oor Charles (en sy
vrou, Lisa) se bydrae tot Suid-Afrika se bierkultuur, en neem deel aan ’n vasvra
oor bier, brouery en ander fassinerende feite uit Theunis se boek. Dink jy jy weet
baie van bier? Kom toets jou kennis en trakteer jou smaakkliere tydens dié
bierdeurdrenkte aand uit. Net die regte vermaak vir drinkebroers en dinkebroers,
slim susters en dors dollas.

Aangebied deur Penguin Random House