TUSSEN HEMEL EN AARDE

Filmfees
Afrikaans
PG13
35 Minute
13 Oktober
18:00
14 Oktober
18:00
18 Oktober
17:30
19 Oktober
19:00
Gratis

“Wanneer jy ’n kind verloor, lewe jy in twee wêrelde, maar bestaan nie in een nie.” Op 16 November 2021 het Jannie en Ronel du Plessis die ondenkbare beleef: die verdrinking van hulle 10 maande oue babaseuntjie, Jan-Nataniël. Ronel beskryf haar swembad as ’n heilige plek ná die tragedie: die laaste plek waar hy lewendig op aarde was en waar sy steeds sy teenwoordigheid voel. Dit is haar plek tussen Hemel en Aarde. Hierdie dokumentêr draai om Ronel, Jannie en die Du Plessis-familie se kwesbaarheid en rouproses. Dis ’n sensitiewe blik op hoe verskillende mense verlies verwerk en hoe een dag ’n lewe onherroeplik kan verander.

13 Oktober 18:00 Neelsie 1

14 Oktober 18:00 Neelsie 2

18 Oktober 17:30 Neelsie 2

19 Oktober 19:00 Neelsie 1

Met Ronel du Plessis, Jannie du Plessis, Inez du Plessis, Tabbie du Plessis, Bismarck du Plessis, Alet Labuschagne, Jannes Labuschagne, Freddie Fourie 

Vervaardiger: Danielle Retief
Produksiehuis: Reckless Haven Productions, Dear Heart Productions
Regisseur: Ursula Ludick
Draaiboekskrywer: Ursula Ludick
Redigeerder: Adi van der Walt
Kinematograaf: Johannes Schoutsen
Klankbaan: Pieter G. Nel