2026
MetLian Strydom, Luan Maartens
’n Intieme dog rou coming of age-drama wat in Suid-Afrika afspeel. Die verhaal volg Alec en Stephan, twee 18-jariges wat worstel met die kompleksiteit van manlikheid, identiteit en intimiteit. Oor die verloop van een nag en een dag beweeg Alec tussen broosheid en intensiteit, terwyl Stephan sy rol as versorger en vertroueling moet balanseer. Soos die twee seuns worstel met onuitgesproke waarhede oor depressie, geweld, seksualiteit en liefde, verdiep hulle band op ’n wyse wat hulle lewens vir altyd sal verander.
Regisseur en skrywer Armand Rossouw
Vervaardigers Elzani du Toit, Ivan Malan
Kinematograaf Ivan Malan
Produksieontwerper Mia Snyman
Redigeerder Marco Coetzee
29 min