Twee word een

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute
3 Oktober
10:00
R50 | R80 by die deur

In Twee word een: Herinneringe aan 25 jaar saam met Russel Botman dink dr. Beryl Botman na oor haar lewe en verhouding met haar ontslape man. Prof. Russel Botman, ’n voormalige visekanselier en rektor van die US, is 12 jaar gelede oorlede, en sy weduwee het sedertdien drie boeke oor die onderwerp geskryf. Haar jongste werk fokus op die eerste 18 maande van hul verhouding en die laaste 18 maande van sy lewe. Haidee Muller-Isaacs gesels met haar.