Twenty + One

Visuele kuns

Ter viering van 21 jaar van die Stellenbosch Atelier in Jamestown word hierdie uitstalling met Vivian van der Merwe en Fiona Metcalfe as kurators in die historiese Rhenish-kerksaal aangebied. Die uitstalling bring ’n keur van werke byeen, insluitend ’n retrospektiewe element wat die ontwikkeling van die Atelier naspeur, saam met nuwe werke wat die voortgesette kreatiewe energie daarvan toon. In ’n kulturele landskap wat oorversadig is van nuwe media, konseptuele raamwerke en algoritmiese geraas, bied die blywende praktyke van teken- en skilderkuns en beeldhouwerk ’n onvervangbare, diepgesetelde belewenis van menslike kreatiwiteit.

3 tot 10 OKT 10:00-17:00
Rhenish-kerksaal, Webersvalleiweg 36
Gratis