Met Ingrid Botha, Natascha Louw, prof. Francois Cleophas
Vrouerugby is die wêreld se mees snelgroeiende spansport. Met meer as 2,7 miljoen spelers reg oor die wêreld brei dit vinnniger uit as die mansspel. Tog skuil daar ʼn merkwaardige paradoks: In ʼn land waar rugby diep in die nasionale identitieit ingegraveer is en deeglik geboekstaaf is, bly die argief sonder die stories van vroue. Is vrouerugby werklik iets nuuts of is dit bloot onsigbaar gemaak? Kom luister hoe die sporthistorikus prof. Francois Cleophas en navorser Natascha Louw gesels met voormalige Springbok-kaptein, Ingrid Botha, en só die swye verbreek. Kom vier die skraapmerke, die vuil truie en die triomf. ʼn Reis na die hart van die skrum.