Uit die skatkis van die WAT

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute
8 Oktober
16:00
R50 | R80 by die deur

Aangebied deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

Oral waar mense Afrikaans praat, leef daar unieke woorde en uitdrukkings. In die WATword dié skatte bewaar. Om die 100ste bestaansjaar van die WAT te herdenk, is 100 rubrieke deur Jana Luther gebundel in En nog WAT. Luther en ander WAT-redaksielede gesels oor interessante woorde en uitdrukkings, etimologieë en staaltjies, en deel van die toekomsplanne van dieWATná Z. Kabous Meiring praat met Luther, Gerhard van Wyk en Alet Cloete.