Universiteitskoor Stellenbosch

Klassieke musiek
85 Minute
14 Oktober
19:30
15 Oktober
16:30
15 Oktober
19:30
19 Oktober
12:00
R200-R280 | R230-R310 by die deur

Die US Koor is een van Suid-Afrika se oudste kore en een van ons land se voorste kultuur-uitvoerprodukte. Onder leiding van André van der Merwe beklee die koor meer as ’n dekade al die voorste posisie op die internasionale Interkultur-ranglys vir amateurkore, en hulle ryg wêreldwyd toekennings in. Dié studentekoor se energie en sjarme kan toegeskryf word aan die uiteenlopende agtergronde – akademies én kultureel – van sy lede. Die koor sing werk uit hul internasionale kompetisierepertorium asook nuwe musiek spesiaal gekies vir die Woordfees-gehoor. Kom luister hoe hierdie voortreflike groep sangers deur middel van musiek vreugde uitdruk.

Onder leiding van André van der Merwe