Dié versameling is ’n improvisasie om iets te herstel sodat dit herbore kan word. Ons word die argief binnegenooi deur die fluisteringe van gedekontekstualiseerde objekte van Zoeloe-, Thembu-, Xhosa-, Swazi-, Pondo-, Sotho-, Ndebele-, Okavango-, Pedi-, Venda-, Tswana-, Nama/Dama/Boesman- (San-), en Khwe- Khwe-mense. Inheemse objekte wat die grens oorgesteek het van die heilige tot die antropologiese. Ons gebruik die spiese, horings, klere en patrone as ’n kompas om
die verlede, die hede en die toekoms uit te lê. Ons luister na die sankofa-voël wat sing: “Moenie bang wees om terug te kyk en te gaan haal wat agtergebly het nie.”