Van ganser harte volg die storie van ’n jong vrou deur die hartseer, vreugdes en worstelinge van liefhê. Ná twee Woordtrofee-benoemings in 2024 vir ’n Vrou om te onthou is Petersen terug op die Woordfees-verhoog met intieme verwerkings van Celine Dion, Adele en Riana Nel se kragtige melodieë asook ’n paar van haar eie oorspronklike liedjies.