Kom skop stof op in Afrikaans! By die Velddraf is jy meer as net ’n nommer. Deelnemers draf of stap met ’n unieke Afrikaanse woord as registrasienommer. Almal is welkom om in te skryf – dalk is jy “mampoer” of “maaifoedie”, “agteros” of “spoedvraat”! Kom neem deel en word opnuut bewus van die tongtrippelterme en woorde wat Afrikaans so bekkig maak.
- Registrasie: 07:00
- 10 km Vastrap – 08:00 | R150
- 5,9 km Japtrap – 08:15 | R100
- Waterpunte op die roete
- Medalje vir elke deelnemer
- Podiumpryse + gelukkige trekking
- Prysuitdeling ná afloop van die wedloop
- Geen tye sal geneem word nie – dit gaan oor die plesier en die taal!
Happies en drankies
Monarch Coffee Cartel sal van 07:00 af regstaan vir die opwarming.
Kommunikasie
Hou jou e-pos dop vir die Runners Newsletter een week voor die byeenkoms met finale besonderhede.
Pryse – geborg deur EasyEquitiese WAT
Wenners ontvang beleggingsgeld om in ’n EasyEquities-rekening te belê:
1ste plek (manlik en vroulik) – R3 000
2de plek (manlik en vroulik) – R2 000
3de plek (manlik en vroulik) – R1 000
Beleggingsgeld is geldig vir 3 jaar: kan belê en gebruik word, maar nie onttrek word nie.
’n Spesiale ‘Louis Massyn’-prys word toegeken aan die oudste deelnemer, en daar is ’n verrassingsprys vir die jongste deelnemer.
Ts&Cs apply. EasyEquities is an authorized FSP (FSP22588), a registered credit provider (NCRCP12294) and a licensed ODP (ODP44).
Woorde en die WAT
Kom maak ’n draai by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) waar jy by die Velddraf ‘n Afrikaanse woord kan borg.
Spekboompie vir elke deelnemer
Elke drawwer kry ’n spekboompie as medalje. Die spekboom is ’n sterk koolstofbinder – tot tien keer meer effektief per hektaar as ’n reënwoud. Blaartjies is eetbaar (effens suur met ’n suurlemoenagtige smaak) en ideaal in slaaie.
Ander besonderhede
- Parkeering: Vriesenhof
- Roetedirekteur: Nicola Martin van One4Adventure.
Trots geborg deur: Coke, PVM, EasyEquities, Monarch Coffee Cartel, Stellies, CN&CO