Trek jou tekkies aan en kies die hasepad in Afrikaans. By die Velddraf is jy meer as net ’n nommer: Deelnemers draf of stap met ’n unieke Afrikaanse woord uit dieWoordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) as registrasienommer. Almal is welkom – van “doekvoet” tot “donderweer” en “blitsig” tot “baanbreker”! Jy kan stap, draf of strompel, en as jy nie juis pure perd voel nie, kan jy die 100 m eeuloop teen enige pas oorweeg om 100 jaar van die WAT te vier.
11 OKT
10 km Vastrap 08:00 | R200
5 km Japtrap 08:15 | R150
100 m WAT-eeuloop 09:15 | R50
Prysuitdeling 09:30
Dornier-wynlandgoed
Moontlik gemaak deur EasyEquities, CN&CO
WAT – kies jou eie woord
Elke deelnemer aan Velddraf met Woorde ontvang tydens registrasie ‘n lukrake woord in plaas van ‘n resiesnommer.
Indien jy reeds in 2026 ‘n woord geborg het en met jou eie woord wil draf, of as jy hierdie geleentheid wil gebruik om ‘n woord te borg, volg hierdie stappe:
Stap 1: Besoek die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se webtuiste om ‘n woord te borg. https://www.wat.co.za/borg-n-woord/. Indien jy reeds ‘n woord geborg het, beweeg direk na stap 2.
Stap 2: Stuur teen 28 September ‘n e-pos saam met jou sertifikaat aan wat@sun.ac.za.
Stap 3: Maak tydens registrasie ‘n draai by die WAT-stalletjie om jou woord en WAT-geskenkpakkie op te tel.