VET VANNIE LAND

Filmfees
Afrikaans
OB 13
13 Oktober
15:00
14 Oktober
15:00
18 Oktober
14:30
19 Oktober
16:00
Gratis

SILWERSKERMFEES 2025: KORT DOKUMENTÊR

In die afgeleë, onherbergsame Richtersveld en Sukkulente Karoo woed ’n stryd teen tyd en georganiseerde misdaad. Suid-Afrika se unieke, endemiese vetplante word tot op die rand van uitsterwing gestroop, gesmokkel na die Ooste en aanlyn verkoop aan ’n mark gedryf deur sosiale media. En terwyl die internasionale sindikate miljarde dollars in die sak steek, word die plaaslike inwoners ’n appel en ’n ei betaal om hul lewens op die spel te plaas. Hierdie kort dokumentêr volg die briljante botanis Pieter van Wyk se pogings om ons land se uniekste ekosisteem te beskerm teen ineenstorting. Saam met toegewyde natuurbewaarders en opgeleide speurhonde word die wêreld van onwettige vetplanthandel ontbloot. Te midde van dié ekologiese ramp, ontvou ’n storie van veerkragtigheid en hoop.

13 Oktober 15:00 Neelsie 1

14 Oktober 15:00 Neelsie 2

18 Oktober 14:30 Neelsie 2

19 Oktober 16:00 Neelsie 1

Met: Pieter van Wyk, Werner Voight
Vervaardiger Danielle McDonald

Produksiehuis AWEMYBRU
Regisseur Danielle McDonald
Redigeerder Jurg Slabbert
Kinematograaf Konrad Raubenheimer
Klankbaan Mr Cat & the Jackal