DEBUUT
Met Cindy Swanepoel, Heinrich Wentzel, Jeanne-Marié Koekemoer, Geon Nel
Vlindervry is ’n vertaling van Leonard Gershe se trefferkomedie Butterflies are Free. Daan Bekker is ’n blinde 19-jarige wat pas Kaapstad toe getrek het, deels om ’n sangloopbaan na te streef, maar hoofsaaklik om hom uit sy beheersugtige ma se greep los te wikkel. Sy nuwe buurvrou is die loslit en vrygeestige Griet Marais op wie hy kort voor lank smoorverlief raak. Daan se ma verbreek egter haar belofte wanneer sy uit bekommernis besoek aflê en glad nie beïndruk is met haar seun se nuwe leefstyl óf die nuwe blonde invloed in sy lewe nie. Daan sit ’n stryd voort teen sy ma om sy onafhanklikeid en sy liefde vir Griet te beskerm.
Regisseur, vertaling en verwerking Wessel Pretorius
Skrywer Leonard Gershe
‘n Ko-produksie tussen Momentum AardklopenToyota Stellenbosch Woordfees.Moontlik gemaak deur AK21, ondersteun deur NATi