Voces Cordis

Klassieke musiek
65 Minute
12 Oktober
20:00
19 Oktober
19:30
R180-R250 | R210-R280 by die deur

Sedert hul debuut in 2022 bekoor Voces Cordis gehore met hul sielsroerende optredes. Vanjaar keer hulle terug na die Woordfees met ’n vars program wat werke deur Laura Jēkabsone, Mia Makaroff en Andrej Makor insluit. Onder leiding van André van der Merwe belowe Voces Cordis, getrou aan hul naam, wat “stemme van die hart” beteken, om te inspireer en die hartsnare te roer. Moenie hierdie optrede deur een van Suid Afrika se topkore misloop nie!

Onder leiding van André van der Merwe