Vrag in vraag

Dans
15 Minute
12 Oktober
17:30
15 Oktober
13:30
17 Oktober
14:30
Gratis

In die Karoo, verby die Vallei van Verlatenheid anderkant Nieu-Bethesda waar klipmense
doodstil staan en wag, dwaal ’n persoon wat nie meer die liefde se alleenheid kan dra
nie. Met ’n gebroke hart loop hy die Karoo in om by die groot heelal antwoorde op sy
vrag vrae te kry. In hierdie skermdans word verlatenheid en klip gebruik om groot vrae te
vra, maar is daar antwoorde in die stomme Karoo om dit ligter te maak?

Regie en redigering Jacques Batista
Kunstenaar en choreograaf Werner Marx