EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
60 Minute
11 Oktober
11:30
R50 | R80 by die deur

Reggie Peace is bekend as akteur, musikant en rolprentmaker. In Vredemaker
deel dié kunstenaar sy storie van hoop en vertel hoe hy sy pad uit armoede na ’n
kinderhuis gevind en uiteindelik vir homself ’n lewe gebou het uit deursettingsvermoë
en drome. Bouwer Bosch vra Reggie uit oor die soeke na erkenning en aanvaarding,
die rol wat sport in sy lewe gespeel het, en die krag van kreatiwiteit en geloof om
alles te verander. Hy deel sy roeping om ’n vredemaker te wees en hoe hy elke dag
sy waardes uitleef.

Aangebied deur Lux Verbi