Vusi Mahlasela live at Woordfees

Toyota Musiekfees
English
Gesin
60 Minute
11 Oktober
16:00
R300 | R330 by die deur

Met Vusi Mahlasela(stem, kitaar), Tsholofelo Papo(kitaar)

Vusi Mahlasela, ’n internasionaal gevierde en bekroonde kunstenaar en Suid-Afrikaanse nasionale skat, met ’n loopbaan wat oor drie dekades en 10 albums strek, maak vir die eerste keer sy buiging by die Toyota Stellenbosch Woordfees. In hierdie intieme vertoning gaan hy en sy protégé, Tsholofelo Papo, sy geliefde treffers uitvoer. Mahlasela se musiek is geïnspireer deur Westerse folk, township-jazz en kwela-kitaarritmes. Mahlasela is oral ewe gemaklik – van Mamelodi tot optredes op internasionale verhoë saam met kunstenaars soos Sting en Paul Simon. Sy storievertelling, poëtiese lirieke, warmte en liefde vir Suid-Afrika is aansteeklik en sy boodskap van hoop, versoening en alledaagse goedhartigheid inspirerend en sielsverheffend.