Waag jou hand aan memoiresskryf

Leefstyl
Afrikaans
180 Minute
8 Oktober
10:00
R450

Droom jy daarvan om jou lewensverhaal as nalatenskap vas te lê? Sluit aan by die Bloemfonteinse skrywer en retreat-fasiliteerder Zarine Roodt vir ’n praktiese memoires-werksessie wat ideaal is vir beginners. Ontdek hoe om herinneringe te ontsluit, jou unieke stem te vind en struikelblokke soos sensitiewe inligting te hanteer. Jy leer om ’n tydlyn te skep en die kern van jou storie te kies. Bring jou skootrekenaar of joernaal, ’n pen en ’n kosbare kleintydfoto saam om hierdie kreatiewe reis te begin. Geen vorige skryfervaring is nodig nie.