Met VOLK: Frank Freeman (kitaar en sang), Dillon Myburgh (tromme), Mika Burger (baskitaar), André Hough (klank), Duncan Johnson (saksofoon & elektroniese klavier)
Wie Is Bernoldus Niemand? Dié titel verwys natuurlik na Bernoldus Niemand se kultusalbum uit 1985 wat met snitte soos “Hou my vas, korporaal” en “Snor City” die Voëlvry-beweging geïnspireer het. Met een oog op die verlede en een oog op die toekoms gee VOLK nuwe lewe aan dié legendariese album wat in die politieke klimaat van Suid-Afrika in die middel-1980’s geweldige dapperheid geverg het om op te neem en uit te reik.