Aangebied deur Penguin Random House
Al worstel tannie Maria met ’n vrees vir die donker en ly haar hen aan post-traumatiese stresversteruing, is sy steeds op ’n missie: om die vetplantjies te red. Net Sally Andrew kan so ’n aweregse wêreld skep. Sibongile Mafu gesels met die skrywer oor die navorsing, reise en skryfwerk agter haar betowerende boeke. Verwag insigte oor vetplantstropery, ’n botanis-cowboy en tannie Maria se jongste gewaarwordings. En daar is, soos altyd, ’n moord om op te los…