Al het die jong Kaapse musikant en liedjieskrywer Will Linley saam met sy ma en drie broers gesing en ook op
hoërskool in klassieke sang onderrig is, was ’n musiekloopbaan net ’n droom. Maar toe word sy debuut-enkelsnit, “Miss Me (When You’re Gone)”, ’n weg-holtreffer. Nou reis hy die wêreld vol en maak vanjaar sy debuut by die Toyota Stellenbosch Woordfees. Moenie dié musikale sensasie misloop nie.
Belangrike inligting:
- Hekke maak 17:30 oop.
- Geen eie kos of drank word toegelaat nie.
- ’n Kroeg en kosstalletjies is beskikbaar.
- Onthou om warm klere saam te bring.
- Stoele en piekniekkomberse is welkom.