Wim: ’n Dekade se leierskap in veranderende tye

EasyEquities Skrywersfees
English, Afrikaans
Gesin
60 Minute
5 Oktober
10:00
R50 | R80 by die deur

Aangebied deur Flyleaf

Prof. Willem Johan Simon de Villiers (1959) het van 2015 tot 2025 as die twaalfde rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch gedien. Wim: ’n Dekade se leierskap in veranderende tye is deel van ’n ou tradisie by die universiteit om te besin oor en boek te hou van sy visekanseliers se ampstermyne. Sluit aan by De Villiers en ’n paneel van medewerkers wat gesels oor hierdie bundel anekdotes, stories en vertellings oor die vreugdes en uitdagings van leierskap in tye van verandering.