Wind, Earth & Fire

Klassieke musiek
English, Afrikaans
Gesin
60 Minute
11 Oktober
11:00
R215-R270 | R245-R300 by die deur

Met Ralitza Macheva(viool), Shannon Cook(viool), Azra Isaacs(altviool), Rosamund Roth(tjello), Féroll-Jon Davids(klarinet)

Hierdie konsert, wat handel oor drie elementêre kragte – die wind, aarde en vuur – is ‘n lewendige dog intieme program vir klarinet en strykkwartet. Dis ‘n musikale reis wat musiek verbind met die wind (asem en storms), die aarde (volksmelodieë en landskappe), en vuur (passie en virtuositeit). Die program bestaan uit ‘n heerlike verskeidenheid van genres – van klezmer en tango tot opera, jazz en klassieke musiek wat musiek insluit van Mozart, Weber, Tsjaikofski, Satie, Ravel, Kovács, Gade, Piazzolla.