Wolraad Woltemade 250

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
45 Minute
13 Oktober
10:00
R50 per sessie | R150 vir volle geskiedenisdag

Die afgetrede kultuurredakteur van Die Burger, Marthinus van Bart, gesels oor sy gedenkboek oor die held Wolraad Woltemade, wat in 1773 veertien drenkelinge van die gestrande VOC- handelsvaartuig De Jonge Thomas uit die stormsee gered het. Daar word onder meer verwys na geskiedkundige dokumente oor die gebeure, asook kunswerke, monumente en literatuur wat deur die heldedaad geïnspireer is.

Aangebied deur die Van Ewijck-stigting